Local news

Goeie nuus vir dié met ‘n soettand

Na verwagting kan ‘n verlaging in prys binne die volgende ses maande moontlik gebeur.

Goeie nuus is dalk in werking vir diegene wat lief is vir sjokolade. Volgens Statistieke SA wag daar ‘n moontlike verlaging in die prys van sjokolade.

Vanaf April 2024 het die prys van sjokolade met ‘n skokkende 7% gestyg weens ‘n internasionale tekort aan kakao. Produksie van kakao is verminder nadat kakao-produserende nasies van Wes-Afrika – die wêreld se top groeiende bestemming, deur weer en siekte getref is.

Daar mag wel lig aan die einde van die tonnel wees. ‘n Herstel in kakao-produksie kan egter ‘n einde bring aan ‘n massiewe tekort. Na verwagting kan ‘n verlaging in prys binne die volgende ses maande moontlik gebeur.

Johan Schutte, bestuurder by Checkers in Mooirivier Mall in Potchefstroom, sê hulle is altyd bly as daar ‘n verlaging in prys is. “Sjokolade is een van ons topverkopers. Indien die prys afkom, sal ons definitief ‘n verhoging in verkope sien.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button