Local news

Voertuig boender deur muur in Strausslaan

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle ongeveer 18:30 gisteraand, 4 Julie, 'n oproep ontvang. 

Inwoners van Strausslaan wat vanoggend vroeg uit die vere was, was geskok om ‘n voertuig wat deur ‘n muur gery het te vind.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle ongeveer 18:30 gisteraand, 4 Julie, ‘n oproep ontvang.

“Ons het reaksie na die toneel gestuur, met aankoms was daar niemand by die voertuig gewees nie. Die polisie is tans op die perseel,” het Haefele gesê.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

 

Related Articles

 
Back to top button