Local newsBreaking News

Brand stel PAWS in gevaar

'n Veldbrand het so naby aan PAWS se perseel in Viljoenstraat onstaan dat hulle tans al die diere vir rookinaseming ondersoek. 

‘n Veldbrand het so naby aan PAWS se perseel in Viljoenstraat onstaan dat hulle tans al die diere vir rookinaseming ondersoek.

Volgens Darren Kruger, voorsitter van PAWS, het die brand vanoggend, 3 Julie, omstreeks 09:15 begin.

“Daar is sover nog net een kat wat vir rookinaseming behandel word. Ons is nog besig om al die diere te ondersoek. Die brand is  vir nou nog onder beheer maar ons is bang met die winde dat dit weer opstaan,” het Kruger gesê.

Daar is sover nog geen diere dood of geboue beskadig deur die brande nie. Volgens Kruger het hy vir Kobus Roux van die brandbeskermings vereniging gekontak om te help.

“Hy is ‘n yster, hy het dadelik mense gestuur wat kom help het. Ons is baie dankbaar vir hom. Die brandweer en almal het mooi gehelp,” vertel Kruger.

Related Articles

 
Back to top button