Local news

VIDEO: CID wil nie straf nie, net dat bestuurder verantoordelikheid aanvaar

Naudé het 'n beroep op die bestuurder van die bakkie gedoen om hand te kom bysit by die CID se slaggat projek. 

Die bestuurder van ‘n silwer Amarok bakkie het Donderdagoggend omstreek 02:00 die staatlig op die hoek van Chief Albert Luthuli en Steve Biko straat omgery.

Volgens Johan Naudé, bestuurder van die Cachet Park CID, is dit ongelukkig ‘n algemene verskynsel.

“Die meeste insidente in die CID area is gewoonlik ongelukke,” verduidelik hy.

Naudé het ‘n beroep op die bestuurder van die bakkie gedoen om hand te kom bysit by die CID se slaggat projek.

“Die munisipaliteit het reeds voorgeneem om die verkeerslig te herstel. Maar ek wil hê ons as inwoners moet eienaarskap neem, en erken as ons foute maak en dit dan regstel. Ek wil nie iemand laat straf nie,” het Naudé gesê.

Volgens hom is die effek van sulke tipe insidente ‘n verhoogde risiko vir nog ongelukke.

“Dit is net soos wanneer daar padtekens, gesteel word, ons almal verstan dit as kwattekwaad, maar dit verhoog die risiko verder vir ander meer ernstige insidente,” verduidelik Naudé.

Related Articles

 
Back to top button