Local news

Berts Bricks Atletiekklub klap tekkies

Berts Bricks Atletiekklub het hul jaarlikse klubwedloop gehou.

Berts Bricks Atletiekklub het hul jaarlikse klubwedloop op 11 Mei op die Eleazer-pad gehou.

Langafstand-atlete het nog kilometers op hul kerfstok gesit.

“Die wedloop was hoofsaaklik gehou vir atlete wat die Comades gaan hardloop en vir Berts Bricks klublede wat aan die Klub 500 kompetisie deelneem en meer kilometers wil opskryf,” sê Zelma Olivier, betrokke by Berts Bricks Atletiekklub.

Die wedloop was gratis en enigeen kon deelneem.

Die Klub 500 kompetisie is ‘n interne kompetisie wat tussen Berts Bricks klub-lede plaasvind en begin op 1 Oktober en duur tot 30 September van die volgende jaar. Die doel is om binne ‘n jaar ‘n afstand van 250 km, 500 km, 750 km of 1 000 km af te lê. Jy mag egter net amptelike kilometers tel, wat beteken jy mag slegs kilometers wat jy tydens wedlope, klubwedlope tydtoetse, of parkruns hardloop, tel.

Atlete wat vir die Comrades voorberei het van die geleentheid gebruik gemaak.

Daar was ‘n 32 km wedloop, ‘n 20 km wedloop, ‘n 10 km wedloop en ‘n 5 km wedloop met vier waterpunte op die roete. Die wedloop was gratis en enigeen wat die vroeë oggend kon trotseer, kon deelneem.

Ongeveer 50 atlete het van die geleentheid gebruik gemaak en het werklik groot pret gehad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button