Local news

Sê jou sê: Waarvoor hoop jy na die verkiesing?

Studente in Potchefstroom deel hul vooruitsigte vir die verkiesing.

Alannah Myburgh – As ‘n jong mens raak ek benoud as ek aan die verkiesings dink want op die einde van die dag is dit my toekoms wat dit affekteer. Ek hoop met die verkisings kry ons dit reg dat ons saam as ‘n land kan werk en dat na die verkiesings Suid-Afrika meer “united” wees as ooit.
Anje Booysen – Ek hoop vir ‘n beter toekoms in ons land.
Palesa Maretlwa – Ek hoop dat ons generasie sal
opdaag en ‘n verskil maak in ons land; ek hoop dat die beter party wen en dat ons land regtig net in die regte rigting beweeg.
Stefan Pretorius – Ek dink meer mense as tevore gaan stem in die verkiesing. Ek dink mense wil ‘n verandering sien en glo dat dié verkiesing is om dinge te verander. Ek dink dat die ANC die meerderheid stem gaan verloor en ander partye deur koalisies te vorm, die meerderheid stemme gaan kry.
Suid-Afrika, my tuiste vir die afgelope 20 jaar. 20 Jaar waarin daar al soveel kon verander het in die land. Ek het met tassies en al in Noord-Wes aangekom om te studeer, en met ‘n groot skok moes ek leer om aan te pas by hierdie kant van die land. My wortels is in die Wes-Kaapse kus en dit bring altyd vir my soveel genot om in die aande op die heel teerpad onder die werkende straatligte te gaan stap. En dis ‘n voorreg wat niemand regtig hier in Potchefstroom het nie. Ek, ‘n student en Suid-Afrikaanse burger, is bewus van hoe belangrik my stem is, en ek glo in my stem. Ek het hoop vir die toekoms en ek verwag baie van die regering. Ek het hoop vir die land en sy mense, en ek hoop die regering doen hulle deel. Dat werkloosheid, misdaad, instandhouding van strukture en die bou van nuwe strukture op die horison van die land rus, en dat ons die verskil kan sien in die strate van Potchefstroom na hierdie verkiesing, en dat die party aan bewind hul werk sal doen, soos wat dinge in die Wes-Kaap plaasvind.
Surina Kershoff – Na die verkiesing hoop ek
vir ‘n positiewe verandering in ons paaie, water en dat die elektrisiteitsprobleem opgelos sal word. Ek hoop vir ‘n skoner, veiliger Suid-Afrika waar ek
nie hoef bang te wees vir die toekoms nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button