Local news

Blou loop voor in Gimmie-Volkie stryd

Gimmies loop tans voor met netbal en hokkie.

Rooi, blou, silwer en swart kom saam Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool se krete oor die skare aangesweef.

Dit is oorlog in Potchefstroom en ouers, Alumni en jonger sibbe raak saam strydlustig langs die sportbane.

Die sport-aanbieder het díe legendariese naweek reg opgesom en gesê dat dit een van die grootste derbys in die land is.

Die Laerskole het tydens die hokkie-wedstryde ook betrokke geraak en opgetree as bal-draers. Dit is ‘n gulde geleentheid vir hierdie leerders om te besluit op watter paveljoen hul oor ‘n jaar of meer wil sit.

Alhoewel Gimmies tans op sportgebied voorloop, vat Volkies sonder twyfel die geesbeker. Die leerders leef hul behoorlik in die oomblik in en raak kreatief om hul spanne te ondersteun.

Gimmies het as wenners uit die stryd getree op die netbalbane met 9 uit 10 wedstryde op hul telbord. Hul is tans besig om hokkie-wedstryde nader te hark, maar die ware wenners sal more tydens die rugbywedstryde bepaal word. Die eerstespan rugbywedstryd is natuurlik die hoogtepunt van die hele naweek en is iets om nie mis te loop nie.

Die wedstryde sal vanjaar op Volkies se gronde plaasvind met die eerstespan rugbywedstryd wat om 13:00 afskop.

Volkie-trots. Foto’s: Cornelia Hitge.
Gimmies raak kompeterend met hul ondersteuning.
Gimmies het Volkies se mascot onthoof.
Die mascot het weer sy kop teruggekry.
Gimmies se grootste ondersteuner.
Meer kreatiwiteit vanaf Gimmies.
‘n Spanningsvolle oomblik vir Volkies.
Hierdie man het nie ‘n bang haar op sy kop nie.
Elke (on)beskikbare sitplek is gevul.

Related Articles

Back to top button