Local news

Fire & Fragrance bring herlewing na Bult

Brendon Homan en Gabriel Strydom is begeesterd vir Bourbons se toekoms saam met Fire and Fragrance.

“Ek het hoop vir Potch, Noordwes en Suid-Afrika.” So sê Brendon Homan, ‘n jarelange inwoner van Potchefstroom, prokureur en CFO van Fire & Fragrance.

Gabriel Strydom, die leier van Fire & Fragrance en Brendon is al van kleins af vriende en het saam in Potchefstroom grootgeword. Hul liefde vir Potch en die inwoners straal uit die twee uit wanneer hulle gesels oor hul skuif na Bourbons toe en God se plan met die dorp.

“Potch was Suid-Afrika se eerste hoofstad. Dis ‘n dorp van eerstes,” verduidelik Gabriel met ‘n glimlag. “Die Here het vir ons gesê Hy wil ‘n sending hier begin wat oor die hele wêreld strek.” ‘n Lig skyn uit Gabriel se wese wanneer hy uitwys dat Bourbons geen toeval is nie. “70 van ons 140 personeellede is Suid-Afrikaners, 40 het aan die PUK (Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus) studeer en in Bourbons gekuier.” Brendon verduidelik verder: “Logies maak Bourbons sin, want ons het drie maande gelede uit spasie uit geraak om almal te akkommodeer en het ernstig begin bid vir ‘n ander gebou. Profeties maak Bourbons sin, want net soos die Here ons almal se gebroke harte kom heelmaak het, gaan Hy hierdie plek heelmaak en gebruik om sy Koninkryk te versprei.”

“Die Here het ons almal in immense brokenness kom ontmoet, en daarom het ons dit altyd op die hart dat mense Jesus moet ontmoet en leer ken.” Gabriel vertel dat hy en ‘n vriend van hom op universiteit in hul kamer in PUK Dorpskoshuis begin het om die Here te prys, en dat dit die beginpunt is van alles.

“Ons het elke Dinsdag aanbiddingsdienste in Snowflake begin aanbied en meer as 3 000 mense is daar gered.” ‘n Klomp van die vriende is egter Amerika toe, maar die Here se plan loop anders en hulle het gevoel dat die Here hulle uitdaag met die idee dat almal weghardloop uit SuidAfrika uit.

“Die Here het gesê Hy het ‘n droom vir Suid-Afrika, en ons is terug Potch toe.” Gabriel, wat al 11 jaar by Fire & Fragrance betrokke is, vertel van die wonderwerke van sending. “In hierdie tyd het ons net onder die 20 000 mense gesien wat tot bekering kom.”

“Ons hart is nie om naam te bou nie, ons hart is om faithful te wees aan die Here se plan met Potch. As ons hier faithful is, gee die Here dalk vir ons Arabië, of Sudan, of een van daardie moeilike plekke. Ons hart is om ‘n klomp Suid-Afrikaners te wees wat sê, ‘Hier is ‘n Revival.’ “Baie mense het nie meer hoop vir Suid-Afrika nie,” sê Brendon ernstig. “Ek het hoop. Daar is hoop in Jesus. Kom ons bring die Koninkryk en verander hierdie land.

“Ons was aan die begin net tjommies wat regtig lief is vir Jesus,” glimlag Gabriel. “Ons het hoop julle. Die Bult gaan draai.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button