Local news

Kuns, kultuur en croissants voorland vir Potch-kunstenaars

Marna De Wet en Jean Lampen is vol opgewondenheid vir hul kuns-residensie in Frankryk

Jean Lampen en Marna de Wet, twee kunstenaarsvriendinne het die geleentheid gekry om hul vlerke te sprei en gaan vir drie weke in September vanjaar ‘n kunsresidensie in die suide van Frankryk voltooi.

Jean, wat gereeld kuns in Suid-Afrika uitstal, het reeds twee keer vantevore ‘n uitnodiging vanaf die Cite de Artes Internationale, Paris, France, ontvang om daar te werk en kuns uit te stal. Jean het in 1981 as ‘n apteker gekwalifiseer, waarna sy medisyne vir ‘n verfkwas verruil het. Lewendige tekeninge, beeldhouwerke, waterkleure en olieverf is die kunsgebiede waarin Jean ‘n meester is. Jean het voorheen as ‘n lektor in illustrasie by die NoordwesUniversiteit (NWU) se Skool vir Grafiese Ontwerp en Skool vir Kreatiwiteit opgetree. Jean stal reeds vanaf 1995 kuns uit, en onthou haar mees onlangse uitstallings as ‘Fear and Loss’ in 2014 by Oliewenhuys in Bloemfontein, ‘Sensucht’ in 2016 by Aardklop in Potchefstroom, en ‘Disapperance’ in 2017 by die NWU. Sy het in 2018 ‘Night Music’ by Aardklop uitgestal, asook 2019 en 2020 by Snowflake. In 2022 het sy ’22 Challenges’ by David Krut in Johannesburg uitgestal, en ‘Stairways and Ruins’ in 2023 by die NWU. Jean het in 2021 by die People and Paintings kunsgalery in New York ‘Sweet Little nothings’, ‘n digitaalsaamgestelde stuk, uitgestal. Deesdae fokus Jean op waterkleure of monochromiese ink en wasse en stal van tyd tot tyd by die Blou Galery in Potchefstroom uit.

Marna De Wet. Foto: Verskaf.

Marna De Wet, gebore in Pretoria en geskool in Potchefstroom, het met verskeie elemente van visuele en uitvoerende kunste geëksperimenteer. ‘n Graad in Drama en Grafiese Ontwerp aan die Noordwesuniversiteit, Potchefstroom, het gevolg op die eksperimente. Marna is ook bekend met die Cité Internationale des Arts in Parys, Frankryk en het in 2013 twee maande daar spandeer. Sy werk Meestal met olieverf en haar werke leun op die figuurlike. Haar werk kan dikwels as poëties gesien word en kan ‘n melankolieke snaar in die kyker se hart roer. Marna het deelgeneem aan groepsuitstallings by Aardklop vanaf 2006 tot 2010. In 2010 het Marna ‘n solo-kunsuitstalling gehou. In 2012 het sy deelgeneem aan ‘Minjatuur’, ‘n groepsuitstalling by die NWU se Botaniese Tuine. In 2013 het Marna ‘Perceptions’ by die Feather Hill Spa and Venue uitgestal. Sy het ‘Save seven lives’ in 2014 ter wille van die Orgaanskenkerstigting uitgestal. ‘Keeping Still’ is in 2014 in die Blou Galery, Potchefstroom uitgestal. Marna het ‘The Sehnsucht Project’ in Pretoria in 2014 uitgestal. ‘Nagmusiek’ is by Aardklop in 2019 uitgestal. Sy het ‘New Chapter’ in 2020 by die NWU Galery uitgestal. Marna se mees onlangse uitstalling was ‘Paper’ by die Turbine Art Fair in 2024.

Sanam Roopa en Prof Robert Balfour,
betrokke by die NWU, tydens ‘n uitstalling in
die Blou Galery.

Related Articles

Back to top button