Local news

Potchefstromers skitter by SA Tweekampkampioenskappe

Zoli de Kock en Mathilda Liebenberg was twee Potchefstromers wat vir Noordwes by die SA Tweekampkampioenskappe uitgeblink het.

Twee Potch atlete het puik presteer by die onlangse SA Tweekampkampioenskappe wat Saterdag, 30 Maart in Bloemfontein plaasgevind het. Zoli de Kock (Meesters 40+) het haar ouderdomsgroep gewen terwyl die Potch Gimmie, Mathilda Liebenberg, (meisies o.17) ‘n derde plek behaal het.

69 Atlete van Noordwes het aan hierdie kampioenskappe deelgeneem. Atlete van Potchefstroom Gimnasium het ook aan die SA Skole Tweekampkampioenskappe deelgeneem.

Mathilda Liebenberg (links in rooi) het ‘n bronsmedalje in die dogters o.17 kategorie behaal.

Om ‘n skoolspan te vorm, moet daar ‘n atleet in elk van die ouderdomsgroepe (o.15, o.17 en o.19) wees, plus drie bykomende atlete in enige van die drie ouderdomsgroepe.

Inneke Liebenberg, Rene Kotze, Egbert Palmer, Mathilda Liebenberg, Xandri Palmer en Marno van der Merwe het bygedra tot die skooltotaal van 12 336.52, wat hulle 3de op die podium in die Hoërskole-kategorie geplaas het.

Gimmies se skolespan het ook goed presteer en ‘n algehele derde plek behaal.

Laerskool Mooirivier het ook ‘n span by die SA Skole kampioenskappe gehad, waar atlete by die ouderdomsgroepe van o.9, o.11, o.13 en o.15 moes inval.

Mooirivier is deur Leva Meiring, Millay de Kock, Fredrich Liebenberg, Christiaan Liebenberg, Jana Malherbe en Irma Kotze verteenwoordig. Hulle was 6de in die Laerskole-kompetisie, met ‘n telling van 12 353,28 punte.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button