Local news

Stank reuke en rommel ‘n groot kopseer in Spruitstraat

Alta Kotzé, ‘n werknemer by Klaas Wyma Makelaars, noem dat die reuk oorkant hul perseel by die spruit walglik is en ook problematies vir hul kliënte is.

Werknemers en inwoners van Spruitstraat is al vir die afgelope paar maande keelvol vir die gebrek aan hulp rakende rommelstrooing en stink reuke op die hoek van Spruitstraat en Peter Mokabalaan.

Alta Kotzé, ‘n werknemer by Klaas Wyma Makelaars, noem dat die reuk oorkant hul perseel by die spruit walglik is en ook problematies vir hul kliënte is.

“Die stank in die spruit is onuithoudbaar. Rommel word gereeld daar gestrooi en daar word ook nie skoongemaak nie. Sodoende skep dit ‘n veiligheidsprobleem,” noem Alta terwyl sy na die rommel en digte bosse wys. Sy noem dat daar al verskeie gevalle was waar mense beroof is wanneer hulle verby die spruit op die hoek van Spruitstraat en Peter Mobakalaan loop.

Hierdie area is waar haweloses bly.
Die rommel wat al ‘n geruime tyd opgaar.

“Studente wat verby die spruit loop om inkopies te gaan doen is al met messe gedreig. Dit is ‘n maklike teiken omdat die misdadigers daar kan skuil,” verduidelik sy.

Die J.B. Marks munsipale woordvoerder, Jeanette Tshite, noem dat haweloses rommel daar strooi nadat hulle swartsakke oopgemaak het. “Die munisipaliteit neem kennis van hierdie area en onderneem om dit in die volgende paar dae skoon te maak,” noem sy.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button