Local news

Volksrock sanger Valiant Swart pak Loop St stampvol

Kaartjies vir Valiant Swart se optrede by Loopst het soos stroop geloop en was voor die tyd reeds uitverkoop.

Loop St was gisteraand, 30 Mei weereens tot oorlopens toe voel met Valiant Swart wat die gehoor met sy volks-rock musiek in vervoering gehad het.

Illimar Neitz, die ‘Kitaarkoning’ van Pretoria het saam Valiant Swart op die verhoog getokkel.

Illimar Neitz tokkel sy kitaar. Foto: Cornelia Hitge.

Die vertoning se kaartjies was in Loop St-styl reeds uitverkoop voor die aand begin het.

Valiant Swart se grootste aanhangers, Eben Uys en Leandri Weber, het hul teddiebeer genaamd ‘Valiant’ saamgebring om díe se naamgenoot te ontmoet. Leandri het Valiant-die-teddie gekry nadat Die Mystic Boer toegemaak het.

Eben Uys en Leandri Weber saam Valiant-die-teddiebeer. Foto: Cornelia Hitge.

Loop St het twee spesiale viervoetige gaste gehad; Eddie Ueckermann se skaaphond, Mascam, en Freeframe se talentvolle span, Alto Pretorius en Babette Ludick se skaaphond Lulu. Die twee honde het stil-stil happies by gaste gebedel en vir baie glimlagte gesorg. Loop St se kat was natuurlik nêrens te sien nie

Babette Ludick en Alto Pretorius saam hul hond, Lulu. Foto: Cornelia Hitge.
Eddie Ueckermann en sy hond, Mascam saam Katya Pessarabov. Foto: Cornelia Hitge.

Na ‘n paar besoeke aan Loop St se musiekaande is die Herald dit eens dat Loop St se Riaan May nie mis wanneer dit kom by kunstenaars kies nie.

Valiant Swart en Riaan May deel ‘n paar woorde. Foto: Cornelia Hitge.
Sone Grobler was in vervoering met Valiant Swart se optrede. Foto: Cornelia Hitge.
Elke sitplek in Loopst was volgepak. Foto: Cornelia Hitge.
Twee kelnerinne by Loopst met keurige happies. Foto: Cornelia Hitge.

Related Articles

 
Back to top button