Local news

Bekendes kom deel in die vreugde by Rooy Kosmark

Daar is nie in Maart ‘n markdatum nie, maar Potchefstromers kan weer uitsien na hul gunsteling markuitstappie Sondag, 28 April wanneer die Rooy Kosmark weer volstoom voortgaan.

Die Rooy Kosmark was weer op hul stukke verlede maand (25 Februarie) toe die bekende kabaretsanger, Elzabe Zietsman, kom inloer het en markgangers met haar talent kom bekoor het. Natuurlik was daar ook soos gewoonlik smullekker kos en drinkgoed om die dors te les, sowel as ‘n groot verskeidenheid items om inkopiemandjies propvol te laat.

Daar was iets lekker ook vir al die soettande.
Elzabe Zietsman tydens haar vertoning.
Markgangers besig om al die lekkernye te besigtig.
Beesstert was soos gewoonlik ‘n groot treffer.
Vir liefhebbers van vetplante, was daar ook ‘n keurige verskeidenheid.

Daar is nie in Maart ‘n markdatum nie, maar Potchefstromers kan weer uitsien na hul gunsteling markuitstappie Sondag, 28 April wanneer die Rooy Kosmark weer volstoom voortgaan.

Vir navrae of om stalletjies te bespreek, kontak Tania by 079 918 2092.

Related Articles

 
Back to top button