Local news

Inwoners verlig na rioollek herstel is

Promosa inwoner Carmen Smith bedank JB Marks Munisipaliteit vir herstel- en opknappingswerk wat in Promosa gedoen is.

Carmen Smith, ‘n inwoner van Promosa het verlig aan die Herald gerapporteer dat die rioollek in Stanlystraat ná maande uiteindelik herstel is. “Nou kan ons oor die Paasnaweek vis eet sonder om in die stank van riool te sit,” sê Carmen. “Ons wil die munisipaliteit bedank dat hulle die probleem opgelos het.” Carmen se pa, Samuel Goliath, sukkel al sedert Desember 2023 met riool wat in sy erf opstoot. Patricia Howard, ook ‘n inwoner in Stanlystraat, kon vir maande glad nie haar kombuisdeur of motorhek gebruik nie aangesien die riool hier in haar erf opgestoot het. Inwoners het swaargekry tydens die Desember en Januarie-hitte aangesien hulle nie hul vensters kon oopmaak nie. Carmen voeg by dat die groot slaggat in Chris Swartzstraat ook opgevul is en dat munisipale werkers besig is om die begraafplaas op te knap. “Ons waardeer dit,” sê Carmen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button