Twee oorlede na minibustaxi voertuig tref

Twee vroue is op die toneel van die ongeluk oorlede.

Twee vrouens is opslag dood nadat ‘n minibustaxi hul voertuig op die N12 net buite Potchefstroom in die rigting van Klerksdorp getref het.

Hierdie ongeluk het omstreeks 21:57 op Sondagaand, 24 Maart plaasgevind.

Die taxibestuurder het glo agter in die voertuig vasgery. Hy het ernstige beserings opgedoen en is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Die bestuurder van die voertuig het nie beserings opgedoen nie.

Alle owerhede was op die toneel.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version