Tokkies meet kragte in driehoekige-reeks teen Risiville en Kruinpark

Laerskool Mooirivier het hul kwartaal met 'n opwindende rugby en netbalreeks op tuisveld afgesluit.

Laerskool Mooirivier het vir die eerste keer die Reinke/NTT Driehoekige Sportreeks die afgelope Saterdag (16 Maart) teen Laerskool Risiville (Vereeniging) en Laerskool Kruinpark (Secunda) aangebied.

Nicola Geldenhuys begin ‘n aanval vir Tokkies.

Al drie skole het in taai rugby en netbalwedstryde teen mekaar gekompeteer.

Tokkies se netbalspanne wen 11 uit die 16 wedstryde teen Risiville en Kruinpark. Op die Rugbyveld wen Tokkies 12 uit die 16 wedstryde met twee wat gelykop eindig.

Jy kom nie hier deur nie. Tokkies se o.10 A
rugbyspan verdedigers bring ‘n Laerskool Risiville
speler grond toe. Tokkies het die o.10A wedstryd
met 17-7 gewen

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version