Local news

Volkies se atlete wil merk maak by SA’s

Volkies het vanjaar agt atlete wat aan hierdie kompetisies gaan deelneem met meeste wat noem dat hulle hul persoonlike beste tye en afstande wil breek.

Volkies se top atlete is gereed om hul skool en provinsie se naam trots te maak by die ASA Skole Atletiekkampioenskappe wat vanaf 21-23 Maart in Pretoria gaan deelneem.

Die SA Skole Hoërskole Atletiekkampioenskappe vind vanaf 3-6 April in die Paarl plaas.

Vir Nelius Willemse (o.18 gewigstoot en diskus) is die SA’s ‘n geleentheid om sy vaardighede teen die beste kompetisie in die land te meet.

“Ek wil my beste doen en die top drie behaal,” voeg Jordan Jerling by.

Martine van Aswegen was al voorheen by die SA’s en sal vanjaar haar persoonlike beste afstande wil breek as eerste prioriteit.

Volgens Duan du Preez, Volkies se atletiekdirekteur is daar ‘n oplewing by Volkies se atletiek.

“In ‘n jaar se tyd is daar ‘n 400% verbetering. Die vorige jaar was daar net twee atlete SA’s toe en vanjaar is daar agt,” meen hy.

Hier is die Volkie atlete wat SA’s toe gaan:

Nelius Willemse – o.18 diskus en gewigstoot

AJ Welgemoed – o.18 100 m en 200 m

Ané Hall – o.18 paalspring

Martine van Aswegen – o.16 gewigstoot en diskus

Abigail Boardman – o.18 – 2000 m hindernis

Cilia Yssel – o.18 – paalspring

Jordan Jerling – o.16 hoogspring

Wikus van Aswegen – o.20 400 m hekkies.

Related Articles

Back to top button