Local news

Twee gearresteer na vrou se liggaam in veld gevind is

'n Vrou se liggaam is vroeg op Sondagoggend in 'n veld opgespoor.

‘n Vrou se gebrande liggaam is op Sondag, 17 Maart om 00:15 in ‘n oop veld tussen Extension 7 en Promosa gevind.

Nomakhephu Lenah Thoma (31) se verbrande liggaam was alreeds in ‘n redelike fase van ontbinding gevind. Haar familie het haar op 27 Februarie by Ikageng polisiestasie as vermis aangemeld.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, is twee persone (31 jaar oud en 36 jaar oud) gearresteer.

“Daar is glo geld vanaf die familie geëis. Dit het daartoe gelei dat die liggaam uitgewys is en die arrestasies plaasgevind het,” verduidelik Myburgh.

Die twee persone gaan vandag (Dinsdag, 19 Maart) in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Related Articles

Back to top button