Local news

Haelstorm bring watermassa na Potch

Potchefstromers was die afgelope middag onkant gevang toe hael en reën toegesak het. Sportvelde is in spreekwoordelike "swembaddens" verander met strate wat meer soos riviere gelyk het.

‘n Groot haelstorm het Potchefstroom vanmiddag getref wat veroorsaak het dat talle paaie, sportvelde en erwe propvol water is.

Laerskool Mooirivier se rugbyveld was toe onder die water en hael. Foto: Bert Moolman.

Teen ongeveer 17:00 het die wolke oopgebars met hael wat neergedaal het.

Motoriste word ook gewaarsku om stadiger te ry in Chief Albert Luthuli-rylaan sowel as Thabo Mbeki-rylaan waar water relatief diep op die padoppervlak is.

Chief Albert Luthuli-rylaan op die Bult is oorstroom. Foto: Verskaf.

Teen 18:30 het die reën effens bedaar. Inwoners word gemaan om eerder hulle motors onderdak te parkeer.

Inwoners wat nog foto’s van die storm het, kan vir wouter@mooivaal.co.za kontak.

Related Articles

Back to top button