Local news

Doodsdreigement-saak van die hofrol verwyder

Dis saak rakende afpersing en intimidasie teen Mev. Marilize Minné en mnr. Christo Jordaan is amptelik op 30 Januarie 2024 vanjaar van die hofrol verwyder. Intussen is die derde beskuldigde, mnr. Ahmod Shiraz Sheik van aanranding skuldig bevind en dien tans 'n opgeskorte vonnis uit.

Die saak rakende afpersing en intimidasie teen Mev. Marilize Minné en mnr. Christo Jordaan is amptelik op 30 Januarie 2024 vanjaar van die hofrol verwyder.

Volgens Minné en Jordaan se prokureur, mnr. Jan Ellis, is die saak van die hofrol verwyder vanweë geen vooruitsig vir ‘n suksesvolle vervolging nie. Die besluit is deur die staat geneem nadat hulle verdere verklarings bekom het.

Die afpersing en intimidasiesaak teen Marilize Minné en Christo Jordaan is na ses jaar van die hofrol verwyder. Foto: Facebook.

Sodoende is die saak wat in Junie 2018 ontstaan het, en in Junie 2022 hervat is, afgehandel.
Dit is destyds tydelik van die rol afgehaal sodat die polisie ‘n verslag van onder meer ‘n handskrifkenner kon kry.
Die Herald het oorspronklik ‘n berig in Junie 2018 gepubliseer nadat Minné, Jordaan en Ahmod Shiraz Sheik op 4 Junie 2018 in hegtenis geneem is. Dit nadat mnr. Ahmod Shiraz Sheik tussen 2 en 4 Junie 2018 na bewering ‘n man en sy gesin herhaaldelik telefonies met die dood gedreig het.

Die man het na die polisie gegaan waarna daar ‘n polisie-optrede op Maandag, 4 Junie 2018 gehou is. Hy het gereël om Sheik te ontmoet en geld te gee sodat die dreigemente moet ophou. Die man en die polisie het toe saamgewerk om Sheik vas te trek en in hegtenis te neem. Sheik het glo in opdrag van die ander twee beskuldigdes opgetree.

Oorspronklik is Minné op 13 Junie 2018 borgtog geweier, maar het 5 Julie 2018 in haar appél teen die beslissings geslaag. Jordaan is 13 Junie 2018 op ‘n waarskuwing vrygelaat.

Rakende die verloop van sake het mnr. Ahmod Shiraz Sheik skuldig op ‘n klag van aanranding op 24 Mei 2023 gepleit. Daar is beslis dat Sheik die klaer met fisiese geweld gedreig het en op so wyse dat die klaer geglo het, dat Sheik daaroor beskik om dié dreigement uit te voer.

Sheik is skuldig bevind en 12 maande gevangenisstraf opgelê. Die straf is wel vir 1 jaar opgeskort op die voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan aanranding tydens die periode van opskorting nie. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button