Local news

Jong atletiek-ster se SA-droom word waar

"Ek glo met my hele hart hy het wat dit vat en daar is min seuns wat dit so graag soos hy wil wen.”

Lihann Kemp, ‘n leerder van Laerskool Bailliepark, het die afgelope naweek ‘n eerste plek in die o.11 1200-meter wedloop by die Noordwes kampioenskappe behaal.

Lihann tydens die Noordwes atletiek-kampioenskappe. Foto: Wouter Pienaar.

Lihann het die wedloop in 3:50 minute voltooi, wat ‘n volle ses sekondes vinniger as die kwalifiserende tyd is.
Met die oorwinning en die barmhartige harte van Potchefstromers wat dit finansieel vir Lihann moontlik gemaak het, gaan die atletiekster in Polokwane aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem.
Lihann se vorige wedloop was die Kenneth Kaunda Distrik Atletiekbyeenkoms waar hy die 1200-meter in 3:56 minute voltooi het en ook ‘n eerste plek behaal het. Lihann het dus sy persoonlike rekord met ses sekondes gebreek.
“Ek dink die ding wat Lihann beter maak as baie ander is sy wil om te wen. Lihann op so ‘n jong ouderdom se wil om te wen is ongelooflik, en dit wys in sy oefening. Daar is min atlete wat so hard kan oefen soos Lihann,” vertel Lihann se afrigter, André Olivier. André vertel verder dat dit baie maklik is om Lihann se afrigter te wees, aangesien hy luister en inneem wat gesê word. “Is daar seuns van ander provinsies wat vanjaar al vinniger as hy gehardloop het? Ja definitief. Kan Lihann die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenkappe wen? Ja definitief. Ek glo met my hele hart hy het wat dit vat en daar is min seuns wat dit so graag soos hy wil wen.”

Lihann en sy afrigter, André Olivier. Foto: Verskaf.

Lihann is baie opgewonde om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Polokwane te gaan deelneem. Hy is diep uit sy hart uit dankbaar vir elke donasie wat elkeen gemaak het om hom te help om sy drome na te jaag. Stefani Viljoen, Lihann se ma is net so dankbaar.
“God het ons voorwaar so baie geseën,” sê Stefani. “Ons is opreg dankbaar teenoor elkeen wat dit moontlik gemaak het.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button