Local news

Aansuiweringsbegroting ‘vol teenstrydighede’ voer opposisie aan

Opposisiepartye in die J.B. Marks munisipaliteit bevraagteken die aanvaarding van ‘n aansuiweringsbegroting wat Woensdag, 28 Februarie deur die Raad goedgekeur is.

Opposisiepartye in die J.B. Marks munisipaliteit bevraagteken die aanvaarding van ‘n aansuiweringsbegroting wat Woensdag, 28 Februarie deur die Raad goedgekeur is.
Die DA en VF Plus het die begroting teengestaan, terwyl die ANC, EFF en PA saamgestem het om die aansuiweringsbegroting goed te keur.

Volgens DA koukusleier, Johni Steenkamp, skep die besluit
“n haglike finansiële situasie, wat inwoners se lewens, lewensbestaan en plaaslike besighede in gevaar
stel.”

Everhard Laing, Vryheidsfront Plus raadslid in die J.B. Marks Munisipaliteit noem dat die aanvaarding van ‘n onbefondse begroting in stryd met munisipale wetgewing is.

“Die halfjaarlikse finansiële state wat in Januarie voor die raad gedien het, het reeds getoon dat daar ‘n begrotingstekort van R157 miljoen vir die halfjaar opgebou is,” voer Laing aan.

Volgens Laing is die begroting vol teenstrydighede en onsinnige inkomste-projeksies.

“Só verkeer die munisipaliteit skynbaar onder die waan dat hy die begroting sal laat klop met ‘n skielik verhoogde inkomste van R31 miljoen, terwyl daar reeds ‘n tekort van R47 miljoen nét vir dienstegelde bestaan,” verduidelik Laing.

Die raad het ook volgens Laing voorgehou dat inkomste van R25
miljoen uit eiendomsbelasting geprojekteer word, terwyl daar ook R38 miljoen oorbestee word aan sekuriteitsdienste.

“Onwettige oortydbetalings ten bedrae van miljoene rand duur ook onverpoos voort,” sê Laing.

*Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader, maar teen
druktyd nie terugvoer ontvang nie.

Related Articles

 
Back to top button