Chris Chameleon laat Loop st sing

Chris Chameleon het die gehoor vermaak met grappies, staaltjies uit sy lewe en musiek.

Chris Chameleon het Saterdagaand, 9 Maart onder groot gejuig ‘n fantastiese optrede by Loop st in Potchefstroom gehad.

Die optrede se kaartjies was voor die tyd reeds uitverkoop wat gesorg het vir ‘n lewendige gehoor.

Groot groepe vriende was daar om die aand saam te geniet. Foto: Cornelia Hitge.

Chameleon het die gehoor vermaak met grappies, staaltjies en musiek terwyl die gehoor heerlik smul aan Loop st se geurige kos en drank.

Met Loop st se vriendelike, behulpsame staf wat gaste by hul tafels bedien hoef jy nie ‘n oomblik van die vertoning te mis nie.

Mathila Basson enior en Mathilda Basson Junior. Foto: Cornelia Hitge.

Die kunstige atmosfeer en sagte beligting in Loop st is beslis iets om te beleef.

Hou gerus Loop st se sosiale media dop vir opkomende optredes.

Duitse afrigters wat deelmaak van die internasionale oefenkamp wat die NWU aanbied het die aand bygewoon. Foto: Cornelia Hitge.
Andrea en Dominique Saayman. Foto: Cornelia Hitge.
Wilna en Deon Venter saam met Jean Lampert. Foto: Cornelia Hitge.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version