Local news

Voetganger op N12 raakgery

Die man wat raakgery is, is op die toneel behandel en na 'n plaaslike hospitaal met beserings vervoer.

‘n Voetganger is op die N12 omstreeks 10:40 vanoggend (Donderdag, 7 Maart) in die rigting van Potchefstroom vanaf Klerksdorp raakgery.
Die ongeluk het verby Ikageng op die N12 ongeveer twee kilometer vanaf Ross-straat se afdraai plaasgevind.
Nooddienste en polisie is tans op die toneel.
Die voetganger het beserings opgedoen en hy is per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
Nooddienste en polisie is op die toneel. Een baan is ook vir verkeer gesluit.
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button