Midway spog met twee nuwe busse

Midway Busdienste het twee splinternuwe 70-sitplek Scania busse bekendgestel wat hulle weer eens beklemtoon as die top passasiervervoerdiens in Potchefstroom.

Midway Busdienste het twee splinternuwe 70-sitplek Scania busse bekendgestel wat hulle weer eens beklemtoon as die top passasiervervoerdiens in Potchefstroom.

Hierdie twee busse is Donderdag, 29 Februarie met groot blydskap by Midway se perseel in Bailliepark onthul met getroue kliënte, vriende en familie wat saam in die feesviering gedeel het. Lou Kruger, eienaar van Midway Busdienste, noem dat hierdie twee nuwe busse verdere geleenthede skep om hulle kliënte met gemak op ‘n veilige en luukse manier te vervoer.

Midway het twee splinternuwe busse aangekoop.

“Ons het die behoefte gekry vir ‘n luukser 70-sitplek bus. Ons het geïnvesteer in die behoefte van die gemeenskap. Dit is ook ‘n verandering in ons besigheidsmodel. Dit is belangrik om by die nuutste neigings in die industrie te bly en vir ons passasiers die beste te kan bied,” noem Kruger.

Hy het ook uitgebrei oor die dankbaarheid wat Midway het vir hul personeel, vriende, familie en die breë gemeenskap vir hul getroue ondersteuning. Kruger se neef, Hennie, wat voorheen Promosie eienaar van hierdie familiebesigheid was, het ook hierdie besondere geleentheid bygewoon en dank uitgespreek oor die sukses van Midway Busdienste en die impak wat hul in die gemeenskap het.

Lou Kruger (eienaar van Midway Busdienste) saam met sy neef, Hennie Kruger, voormalige eienaar, by die nuwe busse.

 

Vriende van Midway Busdienste het ook in die feesvieringe deelgeneem. Hier is Hendrik Truter, Hennie Kruger (voormalige eienaar), Lou Kruger (eienaar) en Jean-Marc Stidworthy.
Sitplekke in hierdie nuwe busse is ruim en gemaklik.

“Lou het in 2000 as busdrywer begin. Ek het gesien sy kop en hart was reg vir vervoer. Hy het homself bewys as iemand wat goeie personeel en kliënteverhoudinge het. Hy het die busdiens in 2005 by my oorgekoop en met die aflosstokkie gehardloop. Passasiers in Lou se hande is veilig. Ons het streng programme was ons volg en ons is baie trots op ‘n baie lae omset van personeel. Dit wys dat Midway Busdienste iets reg doen. Mensekapitaal is ontsettend belangrik.”

Midway het twee splinternuwe busse aangekoop.

Kruger Busdiens het in 1966 onstaan met ‘n enkele skoolbus. In 1995 het Hennie die huidige perseel van Midway Busdienste by ‘n pionier in busvervoer, Corné Grobler, gekoop.

Sedertdien gaan Midway Busdienste net van krag tot krag en met hierdie nuwe bustoevoegings lê daar beslis talle veilige kilometers voor.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version