Local news

Vele hande maak ligte werk van slaggate in middedorp

Die span van Dirkie Venter (Venmini) in samewerking met AfriForum en Car Service City het seker gemaak dat slaggate broodnodige aandag kry.

Vroeg vanoggend (Dinsdag, 5 Maart) om 08:30 het ooglopende slaggate op die hoek van James Moroka en Govan Mbeki-laan alreeds hul moses teëgekom toe die span van Dirkie Venter (Venmini) in samewerking met @afriforum en Car Service City inspring om hierdie slaggate te herstel.

Foto’s: Wouter Pienaar

Kobus van der Walt verhit die teer.
Stompie Wally besig om die sakke teer te meng.
James van Nek en Stompie Wally van Venmini besig om die slaggate te herstel.
Die span het van 08:30 vanoggend aan die slaggate gewerk.

Vir ‘n geruime tyd moes motoriste uitswenk om hierdie slaggate op ‘n besige pad in die sentrale sakekern te mis. Die hoop is dat die deeglike herstel van hierdie slaggate weer vir Potchefstromers veilige kilo’s sal bring op hierdie pad.

Volgens Chris van der Walt van Venmini, nader besighede en nie-winsgewende organisasies hul gereeld om slaggate te herstel.

“Vandag word die werk wat ons doen deur AfriForum en Car Service City geborg. Ons maak seker dat die slaggate ordentlik herstel word, sodat ‘n mens nie keer op keer dieselfde slaggate moet toemaak nie,” noem Van der Walt.

Vir meer inligting kan Dirkie Venter by 082 953 3155 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button