Local news

Vier Nasionale Melktertdag met ‘n lekker groot happie

Vandag is Nasionale Melktertdag - het jy al jou snytjie gehad?

Daar is min eg Suid-Afrikaanse geregte soos ‘n melktert.

Soet en romerige melkvulsel in ‘n bruin gebakte deegkors met kaneel wat mildelik gestrooi word.

Net om daardie boonste sin te lees sal meeste Suid-Afrikaners se monde laat water.

As daar nou een dag was om melktert te geniet en te vereer is dit vandag (27 Februarie) op Nasionale Melktertdag.

‘n Melktert met ‘n lekker hoeveelheid kaneel is altyd ‘n wenner. Foto: Wouter Pienaar.

Meeste winkels en bakkerye het alreeds spesiale aanbiedinge, terwyl Potchefstromers wat geniet om tuis hul eie melkterte aanmekaar te slaan, nie ‘n beter dag as vandag kan kies nie.

Melkterte kom ook in verskeie variante voor: Die met ‘n gebakte kors, skilferkors en soms korsloos, terwyl ‘n mens selfs ‘n alkoholiese “melktertjie” kry.
Verder kan mens ook melktertvulsel in omtrent enige iets sit soos ‘n deegdoppies (vol au vent) of ‘n croissant.

Vier gerus melktertdag saam met ‘n lekker koppie boeretroos.

Related Articles

Back to top button