Klofies gee Volkies hul eerste nederlaag in Finsbury A-liga

Teen 'n sterk Waterkloof-span het Volkies die knie gebuig en met 4-paaltjies verloor in 'n stryd waar die boulers koning gekraai het.

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan het vir die eerste keer vanjaar aan die verloorkant geëindig nadat hulle met 4 paaltjies teen Hoërskool Waterkloof in Pretoria vasgeval het.

Berno de Klerk was vurig met die bal in hand. Foto: Estie van Wyk.

Hierdie wedstryd wat op Saterdag, 10 Februarie plaasgevind het, was ‘n groot toets vir Volkies. Hulle het moedig geveg nadat hulle vir 129 uitgeboul is.

Berno de Klerk het ook ‘n handige 50 bygedra en was Volkies se beste speler van die dag. Hy het ook 2/33 met sy snelballe behaal.

Diaan van der Merwe het twee paaltjies geneem. Foto: Estie van Wyk.

Diaan van der Merwe (2/43) het ook weer paaltjies geneem, maar kon nie Klofies keer om die klein teiken te haal nie.

Waterkloof se Beukes van den Berg het 49 vir sy span bygedra met Riley Miller wat met onoorwonne 24 sy span na ‘n sege geneem het. Die o.15A’s het ook met 8 paaltjies teen Waterkloof in hulle kragmeting verloor.

Berno de Klerk lig sy kolf na hy 50 geslaan het. Foto: Estie van Wyk.

Komende Sondag (18 Februarie) is Volkies se eerste span in aksie teen Hoërskool Rustenburg in hulle eerste tuiswedstryd sedert hulle teen Menlopark in Januarie te staan gekom het.

‘n Sege vir Volkies sal hulle goed te staan kom om weer in die finaal vir Waterkloof te ontmoet.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version