Local news

Ontvoerde Potchefstromer se vrou rou steeds na 6 jaar

Amanda Bothma rou steeds oor haar man wat ses jaar gelede in Burkina Faso ontvoer is.

Christo Bothma, ‘n Potchefstromer wat op 23 September 2018 ontvoer is, se vrou Amanda Bothma was deur die staat genoodsaak om haar huwelik aan Christo te ontbind nadat Christo in September 2019 as afgesterwe aan Amanda aangegee is.
“Dit is nie my besluit om my huwelik te ontbind nie, dis die staat s’n,” sê ‘n getraumatiseerde Amanda.
“Dit is net die datum wat saak maak, maar of ek dit vandag doen of oor 10 jaar, is seker my besluit. Om dit nou te doen is net so pynlik, hartseer en emosioneel as wat dit is om my man dood te verklaar. Dit
moet gedoen word, is aan my verduidelik.”
“Ek het net besluit om dit nou te doen en klaar re kry.” Amanda voeg by dat daar nie iemand anders in haar lewe is nie, sy het net besluit om dit te doen en agter die rug te kry. “Dis net ‘n verskriklike emosionele proses wat ek niemand toewens nie.”
Christo het as passer en draaier in die Inata-myn, Burkina Faso gewerk waarna hy ontvoer is en in die Sahel-gebied as gyselaar aangehou is.
Christo was die hoof broodwinner van sy huisgesin en hulle het baie swaargekry, aangesien hul geen finansiële ondersteuning van Christo se werkgewers ontvang het nie.
“Hy was ons rots, ons staatmaker, altyd daar vir ons.”

Amanda Bothma kry na ses
jaar steeds baie swaar. Foto: Herald Argiewe.

Amanda vertel dat sy moes begin werk om haar gesin te onderhou. Sy kry baie swaar en hou steeds vas aan die hoop dat Christo sal terugkeer.
“Christo is in 2018 ontvoer en in 2019 ‘oorlede’, so altesaam byna ses jaar. Niks gaan ooit weer dieselfde wees sonder hom nie. Ons moet nou van voor af begin bou.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button