Local newsNewsNews

Boeremusiek, Rocco-styl

“Vir jare lank al vra mense my ek moet ou boeremusiek met ‘n konsertina opneem, maar dan sê ek die wat die boeremusiek geskryf het is lankal dood, ek gaan my geld mors, die wat dit gaan koop en shows toe kom is ook al dood. Maar toe doen ek dit.” Rocco de Villiers gesels …

“Vir jare lank al vra mense my ek moet ou boeremusiek met ‘n konsertina opneem, maar dan sê ek die wat die boeremusiek geskryf het is lankal dood, ek gaan my geld mors, die wat dit gaan koop en shows toe kom is ook al dood. Maar toe doen ek dit.” Rocco de Villiers gesels so oor ‘Boeremusiek, Rocco-styl’.

Boeremusiek, Rocco-styl is ‘n optrede waartydens boeremusiek aangepas wor by die 21e eeu.

Moet nie Boeremusiek, Rocco-styl by Aardklop vanjaar misloop nie.

In hierdie opvoering besoek Rocco musiek vanuit sy pa se Vrystaat Boere-orkes, 1970s. Stukke soos Umfaan, Penny Whistle Kwela, Outa in die Langpad, Kalfiewals, Hartseerwals, en Die ou waenhuis word nuutgeverf deur Lizelle le Roux op viol, Rocco op klavier, en Hansie roux. “Ek lees gedigte voor, speel van my eie musiek, dis soos ‘n boere paartie,” las Rocco by.

Rocco is fanaties opgewonde om deel te wees van Aardklop se terugkeer. “Ek dink dis fantasties, Aardklop was mos op ‘n stadium so halfpad tussen Potch en Pretoria, ek wil Potch toe gaan vir Aadklop. Ek is mal oor Potch, mal oor die Noord-Wes Universiteit, mal oor die mense.”

Hierdie optrede het in Maart 2020 afgeskop, en is net daar gestop as gevolg van die Covid-19 pandemie. Rocco vertel dat daardie eerste optrede so lekker was, hulle het besluit om die toer klaar te maak. Die laaste optrede vind tydens Aardklop plaas. “Daar is net een kans om dit vir ‘n laaste keer te sien,” lag Rocco.

Die optrede sal Saterdag 7 Oktober by die Totius-saal om 16:00 aangebied word. Kaartjies kan op Ticketpro bekom word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button