Kom saam met Molen Kórus na die Wêreld-Koorspele in 2018!

Molen Kórus, ‘n kamerkoor in die Potchefstroom omgewing, is baie opgewonde oor sy beplande deelname aan die 2018 Wêreld-Koorspele in Pretoria vanaf 9 tot 14 Julie 2018. ‘n Koor word in September 2017 spesifiek vir hierdie doel saamgestel. Oudisies word gehou op Maandag, 11 September 2017 vanaf 17:00. Om ‘n oudisie te boek, stuur asb. ‘n …

Molen Kórus, ‘n kamerkoor in die Potchefstroom omgewing, is baie opgewonde oor sy beplande deelname aan die 2018 Wêreld-Koorspele in Pretoria vanaf 9 tot 14 Julie 2018.

‘n Koor word in September 2017 spesifiek vir hierdie doel saamgestel. Oudisies word gehou op Maandag, 11 September 2017 vanaf 17:00. Om ‘n oudisie te boek, stuur asb. ‘n e-pos aan molenkorus@gmail.com, óf vul die aanlyn-registrasie in vanaf ons Facebookblad (@MolenKorus) óf skakel ons – Adriaan Jacobs (voorsitter) by 073 509 0207 of Christel Eastes (bemarking) by 082 566 4229.

Molen Kόrus is in 2011 gestig en staan onder leiding van Loretté du Toit en Kobus Venter. Die koor bestaan hoofsaaklik uit nagraadse studente en werkendes in Potchefstroom en omgewing almal met ‘n voorliefde vir musiek en veral koormusiek. Die naam van die koor is afgelei van die bekende straat in die hart van Potchefstroom waar die koor weekliks oefen, “Molen”, en die Hongaarse woord vir koor, “Kórus”.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version