CommunityHealthLocal news

Riool al vir drie maande ‘n probleem

Die munisipaliteit kon nie die probleem uitsorteer nie.

Rou riool wat al vir drie maande op die Landbou kollege gronde uitloop, is steeds nie uitgesorteer nie.

Danie Muller, ‘n werknemer by die kollege, sê hy het die probleem al drie maande terug by die munisipaliteit aangemeld en is weekliks met hulle in kontak, maar die probleem bly voortduur.

“Ons moet proewe doen en gewasse op daardie grond plant, maar dit is onmoontlik. Al word die probleem nou uitgesorteer, is die grond so besmet dat niks daar sal groei nie.”

Muller glo die feit dat daar so baie op die N12 na Klerksdorp gebou is, is die oorsaak van die riool kwessie.

“Natuurlik is daar geen impakstudie en beplanning gedoen nie. Dan sou hulle weet dat die sisteem nie die volume kan hanteer nie. Dit is ‘n gesondheidsrisiko vir almal wat hier werk.”

Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, sê die storting van riool word veroorsaak deur die rioollyn wat deur die landerye van Landbounavorsingsraad (LNR) plot gaan.

“Die storting word veroorsaak deur vreemde materiaal wat binne die rioollyn gevind word. Die unisipaliteit se span het probeer om die lyn met rioolstawe oop te maak, maar kon nie daarin slaag nie. Ons het die hulp van die Jetting Truck verkry. Die vragmotor sal na verwagting vandag op Dinsdag 13 Augustus 2024 op die terrein wees,” het Tshite gesê

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button