BlogsCommunityEditor's noteOpinionsPhoto Galleries

Van die Redakteur: Waardeer die tyd wat jy het

Drie mense het die afgelope week in pad- ongelukke gesterf.

Drie mense het die afgelope week in pad- ongelukke gesterf.

Al drie was in hulle vroeë twintigs, eintlik nog kinders, wat aan die begin van hulle volwassenheid weggeskeur is. ‘n Polisieondersoek is van stapel gestuur om die presiese omstandighede rondom elkeen se dood te bepaal.
Dié tipe noodlot het drie families heeltemal gebroke gelaat. Ouers is nie veronderstel om hulle kinders te begrawe nie, hoewel dit toenemend gebeur.
Sulke gebeure laat mens dink hoe min tyd mens eintlik op die aarde het. Mens kom tot die besef hoe kosbaar tyd saam met geliefdes eintlik is. Dit kan enige oomblik weggevat word. Ons lewens is deesdae so gejaag dat ons vinnig vergeet om die tyd af te staan aan die belangriker dinge in die lewe. Die redenasie is dat sodra ek soveel geld maak, of sodra ek hierdie kar kan kry, sodra ek die sukses behaal, dan sal daar baie tyd wees om saam met my kinders te spandeer.
Ek gaan nou opofferings maak vir hulle en later sal ons baie meer tyd saam hê.
Ongelukkig werk dit nie altyd so vir almal nie. As daar iets is wat almal uit verlede week se tragedies kan leer, is dat jy vir jouself en gesin meer tyd beskikbaar moet maak. Gaan woon eerder daardie byeenkoms by, sit liewer saam by die tafel en eet, tel jou kinders op terwyl jy nog kan, speel saam met hulle, sit op die mat en bou blokkies, lees stories en gee vir hulle genoeg van jou tyd. Gaan liewer saam met vakansie wanneer jy die kans het. Niemand sit op hulle oudag en dink dat hulle meer tyd by die werk moes spandeer nie. Hulle sê spyt kom te laat. Die Herald wens die betrokke families alle sterkte toe en hoop dat hulle deur geloof en die ondersteuning van familie en vriende deur dié moeilike tyd gedra sal word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button