CommunityLifestylePhoto GalleriesSponsored

Eleksa, eerste elektriese voertuighandelaar in Potch

Die toonaangewende elektriese voertuigverskaffer in Afrika, Eleksa, het aan die begin van April ‘n tak in Potchefstroom geopen. Hulle is veral bekend vir hul uitstekende naverkoopdiens en die verskaffing van onderdele.

Die toonaangewende elektriese voertuigverskaffer in Afrika, Eleksa, het aan die begin van April ‘n tak in Potchefstroom geopen. Hulle is veral bekend vir hul uitstekende naverkoopdiens en die verskaffing van onderdele.
Die eienaars van die plaaslike tak, Ben Mostert en Rudie van Jaarsveld, het die karre vir die eerste keer by ‘n Ekspo gesien en was baie beïndruk met die voordele van die voertuie. Dit is omgewingsvriendelik omdat dit glad nie tot geraas- of lugbesoedeling bydra nie. Boonop is die koste van die energie wat dit verbruik heelwat minder as die voertuie wat brandstof verbruik. Die elektriese motorfiets se koste van energie is byvoorbeeld 2c per km.
Daar is tans drie batteryaangedrewe modelle in die vertoonvenster. Die Road Runner is ‘n elektriese motorfiets wat padwaardig is. Dit beteken ook dat persone wat die motorfiets op paaie ry ‘n motorfietslisensie moet besit. Die topspoed wat die motorfiets ry, is 50-60 km/h oor ‘n afstand van 80km. Dit is stylvol, modern en kan selfs as ‘n gholfkarretjie gebruik word. Die koste van die motorfiets is R24 500.
Die mees gewilde karretjie, of eerder driewiel motorfiets, op die oomblik is die E-Rider. Dit is ideaal vir bejaardes en gestremdes wat nie lang ente kan loop nie en mag in inkopiesentrums gebruik word. Dit is veral ideaal vir ‘n aftree-oord. Die E-Rider het ‘n gerieflike suspensie, alarmsisteem, veilige bêreplek en kan tot 150kg se gewig dra. Dit bereik ‘n maksimum spoed van 30km/h en die maksimum afstand wat dit kan aflê voor die battery weer herlaai moet word, is 60km. Die koste van die E-Rider is R24 500.
Dan is daar die X1 wat ook in inkopiesentrums gebruik kan word, maar hierdie model is ‘n ware “transformer” wat binne sekondes opgevou kan word om gerieflik in ‘n motor se kattebak te pas. Die koste van dié model is R29 700.
Eleksa, Potchefstroom is in Nelson Mandelarylaan (N12) skuins oorkant die Wandellaan-ingang. Motorgeesdriftiges kan gerus ‘n draai by Eleksa se stalletjie maak tydens die motorskou op 1 Mei om self die modelle uit te toets. Vir navrae, kontak Ben Mostert by 072 025 0386 of Rudie van Jaarsveld by 076 376 7469.

Related Articles

Back to top button