Mimiekmeester verdien staande ovasie

Mimiek is ‘n fyn kuns en Suid-Afrika se mimiekmeester, John Jacobs is gedurig besig om hierdie kuns op sy manier te vervolmaak. Jacobs het 20-jaar lank in Frankryk onder leiding van die bekende mimiek kunstenaar, Marcel Marceau gewerk, waar Marceau die titel van meester aan Jacobs toegeken het.   Foto’s: Wouter Pienaar In Jacobs se …

Mimiek is ‘n fyn kuns en Suid-Afrika se mimiekmeester, John Jacobs is gedurig besig om hierdie kuns op sy manier te vervolmaak.

Jacobs het 20-jaar lank in Frankryk onder leiding van die bekende mimiek kunstenaar, Marcel Marceau gewerk, waar Marceau die titel van meester aan Jacobs toegeken het.

 

Foto’s: Wouter Pienaar

In Jacobs se nuwe stuk:”My passie vir Jesus” , vertel Jacobs sy eie persoonlike verhaal van sy ontmoeting met God. Terselfdetyd beeld hy ook die unieke verhaal van Jesus van Nasaret se lyding, sterwe en opstanding met ‘n aangrypende vertolking uit. Die klank en beligting is uitstekend in die stuk geïnkorporeer en ondersteun die stuk effektief.

Die klankopnames wat tussen die hoofstukke van sy verhaal speel, help om die gehoor te oriënteer en tydspronge te verduidelik. Die gehoor moet deurgaans goed konsentreer om nie fokus te verloor nie.

My passie vir Jesus is ‘n unieke ervaring en ‘n moet kyk vir almal. Hierdie stuk is geskik vir die hele gesin en is beslis ‘n uitdaging vir enige een se konsentrasievermoë.

Tru-handé Kotze – Potchefstroom Herald

Exit mobile version