EntertainmentLifestyleNews galleriesPhoto Galleries

Frank maak weer Hond haaraf

“Ek wens mense was meer soos honde. Dan kan jy weet wie hou regtig van jou. Jy kan weet wie jy régtig gelukkig maak”. Hierdie frase is my heel gunsteling in Dana Snyman se nuwe eenmanstuk, Hond. Frank Opperman vertolk die rol van ‘n verwaarloosde skrywer, wat net ‘n laaste dag saam sy sieklike hond …

“Ek wens mense was meer soos honde. Dan kan jy weet wie hou regtig van jou. Jy kan weet wie jy régtig gelukkig maak”. Hierdie frase is my heel gunsteling in Dana Snyman se nuwe eenmanstuk, Hond.

Frank Opperman vertolk die rol van ‘n verwaarloosde skrywer, wat net ‘n laaste dag saam sy sieklike hond in vrede wil spandeer. Maar die res van die wêreld los die skrywer nie uit nie.

Hy word die heeltyd deur oproepe geteister, waar hy eintlik net vir oulaas tyd saam “sy honne” wil deurbring.

Die optelhond met die naam Ore, is meer as net ‘n sieklike weggooibrak wat deur ‘n verwaarloosde skrywer opgetel en versorg word.

Dit word ‘n metafoor vir die verwerking van verlies deur die gee van liefde. Die skrywer se ma is oorlede na ‘n lang siekbed en die hond herinner die skrywer aan die toestand van sy ma voor haar dood.

Frank Opperman speel 'n uitstekende rol in die eenmanvertoning Hond tydens 2016 Aardklop.
Frank Opperman speel ‘n uitstekende rol in die eenmanvertoning Hond tydens 2016 Aardklop.

Hierdie stuk beeld effektief al die elemente en emosies uit van wat dit behels om ‘n troeteldier in jou lewe te hê en hom moontlik te kan verloor.

Die stuk is geskik vir alle ouderdomme en vertoon weer Saterdag (09:00) in die POK hoofsaal (gebou C6, opvoedkunde kampus). Kaartjies kos R120 per persoon en is beskikbaar by die deur. Maak gereed om te lag met ‘n traan, want uit oudergewoonte lewer Opperman uitstekende werk.

Tru-handé Kotze

Foto’s: Wouter Pienaar

Related Articles

Back to top button