CommunityPhoto GalleriesSchool

ES Le Grange hou Kerspartytjie saam met die Anns

Die Potch Mooi Rotary Anns het ES Le Grange bederf met 'n Kerspartytjie...

Op Woensdag 25 November het die Potch Mooi Rotary Anns as deel van ‘n projek, die kinders van ES Le Grange verras met ‘n jolige Kerspartytjie.
“ES le Grange is baie afhanklik van borge. As hulle iets spesiaal vir die kinders wil hou, moet weldoeners maar help waar hulle kan,” sê Elbé Claassen van die Potch Mooi Rotary Anns.
Die verskillende ouderdomsgroepe in die koshuis het die ander kinders vermaak met ‘n dans- of sangvertoning en elke kind het iets lekker gehad om aan te peusel. Verder is die kinders bederf met ‘n geskenk wat deur Kersvader aan hulle oorhandig is.
“Ons het vir 206 kinders pakkies gemaak en uitgedeel. Almal het nie dieselfde geskenke ontvang nie. Die seniors het toiletware gekry en die juniors lekkergoedpakkies. Dit was regtig baie spesiaal en die waardering op elke kind se gesig maak dit die moeite werd.
“Ons wil baie graag hierdie Kerspartytjie ‘n jaarlikse instelling maak, en sal dit waardeer as mense wat wil bydra ons kan nader,” sê Claassen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button