CommunityLifestylePhoto GalleriesRecipes

Heerlike disse vir Vadersdag

Heerlike disse vir Vadersdag

Weet nou nie hoeveel mense gaan met dié idee saamstem nie, maar ek dink die pappas moet hierdie jaar, nadat hulle hul geskenke oopgemaak het, die mensies in hulle lewens bederf met hierdie uithaler braai-resepte. Mamma en die kroos kan hand bysit met die broodjie en slaai. Geniet die dag en baie dankie vir wat julle deur die jaar vir ons beteken!

Russiese wors- en vrugtekebabas
Sny 250g Russiese worsies in stukkies en ryg dit afwisselend met ’n blikkie appelkose, blikkie pynappelstukke, blokkies Cheddarkaas en gemmerstukke in op braaipenne. Bedruip met gesmelte botter en braai vir 10 minute oor kole.

Lendeskywe met kaas gevul
Gebruik baie sagte vleis en vra die slagter om dikkerige skywe te sny (want jy moet nog ’n ‘sakkie’ in elke skyf sny). Bestrooi met geurmiddels en vryf met olyfolie. Plaas kaasskywe binne in ‘sakkies’ in vleisskywe en steek toe met peuselstokkies. Braai oor kole na smaak.

Braaisous
Hierdie sous kan gebruik word om vleis in te marineer en kan daarna gaar prut en as sous by braaivleis bedien word. Hierdie sous is ons gunsteling by stywe pap …..
Plaas al die bestanddele in ’n groot pot en prut stadig vir 30 minute tot sous stroperig begin word.
Bestanddele: 110 g botter, 250ml tamatiepuree, 15ml Worcester-sous of sojasous, 30ml blatjang, 570 ml bier, 5 ml bereide Engelse mosterd en geurmiddels na smaak.
Sous hou goed in ’n fles in die yskas.

Boerewors en mielies
Ryg stukke boerewors (1 kg) en geelmielies (6)(die stronk in ringe gesny) afwisselend op metaal braaipenne. Marineer oornag en verf met marinade terwyl dit braai:
Marinade: Meng saam 40ml elk olyfolie en sonneblomolie, 25ml Worcestersous, 30ml suurlemoensap, 15 ml gemengde droëkruie, 1 fyngekapte ui, 5ml sout en 125ml droë wit wyn.

Herbed braai rolls
Sift together 500 ml flour, 5ml sugar and 15ml baking powder into a mixing bowl. Rub in 30g softened butter with fingertips or a blender and stir in 75ml each finely chopped chives and parsley.
Knead to a sticky dough using about 250ml milk. Turn out onto a floured surface and pat out to about 20mm-thickness. Cut out rounds using a 50-mm-diameter scone cutter. Pack close together on a sheet of greased foil (shiny side inside) to form a circle. Seal foil loosely around scones and place on braai grid over smouldering coals for 30 minutes until well risen and cooked through or bake uncovered on a greased baking tray in a 240°C oven for 15 – 20 minutes. Serve warm or cold, split and buttered.

Spinach salad with croutons
Tear 1 bunch young spinach leaves into bite-sized pieces, discarding hard stalks. Place in a salad bowl. Add 125g fried bacon (drained on kitchen towel). Add oil to bacon fat in pan and fry 4 slices of day-old white bread (crusts removed and cubed), in the oil until golden brown.
Drain well and add to salad. Add 100g herbed Feta cheese, 125g button mushrooms, wiped and quartered and 1 red pepper, seeded and diced. Toss gently and serve with a herb dressing:
Herb dressing: Combine ingredients in a screw-top jar and shake well: 100 ml white wine vinegar, 75ml olive oil, 10ml sugar, 1 clove of garlic, crushed, 5 ml garlic salt, 2 ml black pepper and 15ml finely chopped fresh herbs.

Aarbei- en papajakelk
Meng 1 middelslag papaja (in balletjies gevorm) met 113g grenadellamoes en skep uit in kelkies. Doop ’n pak vars aarbeie in gekondenseerde melk, gemeng met bietjie kersielikeur en dan in suiker of jelliepoeier. Plaas hulle tussen die papaja. Versier met kruisementblare, kersies en lemoenskyfies.

Related Articles

Back to top button