EntertainmentLocal news

Gratis geskenke en feestelikheid by NG Kerk, Bult se basaar

Volwassenes staan ook ‘n kans om vyf verskillende pryse te wen.

Gratis geskenke, opwindende kinderaktiwiteite en groot winskopies is deel van NG Kerk, Bult se basaar wat op Saterdag 26 Oktober plaasvind.

Die eerste 100 jonges (twee tot 13-jariges) wat vroeg uit die vere is, staan ‘n kans om ‘n gratis gelukspakkie te kry. Hulle kan perdry, verskillende speletjies speel en op ‘n lekkergoed en ballon springkasteel spring.

Vir die oueres is daar feestelike kostafels waar hul middagete kan koop en hulle kos- en yskaste met heerlike fyngebak en vleiswinskopies aanvul. Hulle kan nou al rondsnuffel vir oulike Kersgeskenke of leer by fundi’s om jukskei te speel. Moet ook nie sonder ‘n verskeidenheid klein koekies wegstap nie, want niemand sien kans om hulsef hierdie somer in die kombuis af te sloof nie.

Volwassenes staan ook ‘n kans om vyf verskillende pryse te wen met ‘n sleutel wat jy teen R50 koop om ‘n houtboksie oop te sluit wat een van die pryse verskaf. Die pryse wissel van ‘n wegbreeknaweek by ‘n spogoord (Dunkeld Country Estate) op Dullstroom tot ‘n Padel-tennis geskenkbewys.

Die basaar word van 8:00 – 13:00 op die kerkterrein (h/v President- en Esselenstraat) aangebied. Vir navrae, kontak Ben Robbertse, tel. 018 293 0450 weeksdae gedurende 9:00 – 13:00.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button