CompetitionsEntertainmentKidsLocal newsPrimary School

Boetie en sussie op pad na Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste

Die sibbe is baie talentvol.

Die Schoeman gesin is een met vele talente. Nie net het Johan en Carole Schoeman ‘n suksesvolle diere oppas besigheid nie, maar hulle seun en dogter blink skitterend in dans en model uit.

Hayley (8) en Dean (10) sal hierdie jaar vir die derde keer in drie jaar die Noordwes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste (SACOPA) verteenwoordig.

Carole, hulle ma, vertel Hayley het op drie jaar oud begin met dans en Dean op agt jaar oud.

“Hayley het op ses ook begin om model by Aldanté Dance Studios te doen en Dean het begin toe hy nege was.”

Hulle het altwee in 2022 en 2023 die Suid-Afrikaanse span behaal vir die Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste. Laasjaar het Hayley vier Goue medaljes, drie Silwer medaljes en vyf Brons medaljes verower en Dean het twee Goue medaljes, vier Silwer medaljes en vyf Brons medaljes verower. Hulle was ook deel van die showcase openingsdans en het ook vir die showcase model geloop.

Hierdie jaar het hulle by twee kompetisies van die SADF deelgeneem waarvan een die 31ste Augustus plaasgevind het. By die kompetisies het Hayley twee eerste plekke, drie tweede plekke, drie derde plekke, een vierde plek en een sesde plek verower het. Dean het twee eerste plekke, vier tweede plekke, drie derde plekke, en twee vierde plek verower.

Hulle het ook deelgeneem aan die Allegretto Inter-Provinsiale Eisteddfod se modelafdeling sowel as die dansafdeling op 31 Julie tot 3 Augustus waar hulle al hulle danse gedoen het wat hulle by SACOPA gaan doen. Hayley is deur na die Gala rondte met vyf van haar solo danse asook een van haar model items en Dean is deur met een van sy solo danse asook twee van sy model items. Die Gala rondte was op 16 tot 17 Augustus gehou. Hayley is deur met haar Jazz na die Nasionale rondte en Dean is deur na die Nasionale rondte met sy Afro Fusion dans asook Evening Wear vir model, wat op 5 Oktober plaasvind.

Die sibbe is in Klerksdorp gebore en is leerders by Laerskool Mooirivier. Carole sê hulle is altwee baie lief vir diere.

“Dean en Hayley is baie lief vir die honde wat by Camp Canine kom kuier en hulle baklei soms oor watter hond by hulle gaan slaap in die aande. Dean het groot drome om eendag Farmakologie te gaan swot of ‘n choreograaf te word vir internasionale sangers. Hayley wil net eendag beroemd wees en die wêreld reis of selfs ‘n skrywer want sy is baie lief om te lees en lang stories te vertel.”

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste is ‘n jaarlikse kompetisie wat in Rustenburg gehou word. Hierdie jaar vind dit van 20 September tot 28 September plaas. Afdelings in dans, model, sing, instrumente en toneelspel is deel van hierdie weeklange kompetisie. Die kompetisie eindig met ‘n showcase aand waar van die week se beste optredes gesien kan word. Dié wat medaljes verower, word dan gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe van Uitvoerende Kunste wat elke jaar in Los Angeles gehou word. Dit is bekend as die “Olimpiese Spele” van uitvoerende kunste en daar is heelwat Suid-Afrikaners wat die Overall Grand Champion prys gewen het – van hulle studeer tans by die NWU.

Die gesin het tans ‘n kompetisie wat hulle deur hulle besigheid hou om fondse vir die kinders se kompetisies in te samel.

“Hayley dans hierdie jaar sewe solo danse en vier groep danse. Sy neem ook deel aan vier model afdelings. Dean dans hierdie jaar agt solo danse en neem deel aan drie model afdelings,” vertel Carole.

“Dean sê hy is baie opgewonde, maar het klein bietjie angs. Hy sê dit is ‘n baie groot kompetisie en as jy nie fokus nie gaan jy sukkel. Hayley sê sy is baie opgewonde vir hierdie jaar se kompetisie. Hayley sê ook hulle moet in God glo en dit net geniet.”

Indien jy enige bydra vir die kompetisie-onkostes vir die kinders wil maak, of meer oor die besigheid se kompetisie wil weet wat tans aan die gang is, kan jy vir Carole by 084 805 9870 skakel.

Hayley by laasjaar se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste.
Dean by laasjaar se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste.
Hayley by laasjaar se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste.
Dean by laasjaar se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste.

Related Articles

Back to top button