EntertainmentLifestyle

Stem vir jou gunsteling baard by die Geesfees!

Maart is Baard is ‘n unieke kompetisie vir al die manne wat kan spog met hulle manjifieke baarde.

Wat is nou meer Afrikaans as ‘n mooi baard?
Manne met die beste baarde kan kom uithaal en wys by die Virseker Geesfees wat vanaf 18-20 Maart by die Lekwena Wildlife Estate gaan plaasvind.

Maart is Baard is ‘n unieke kompetisie vir al die manne wat kan spog met hulle manjifieke baarde.
Daar is ‘n aanlynkompetisie waar manne ingeskryf het en waarvoor daar aanlyn gestem kan word. Al wat jy moet doen is om die foto op Facebook te “like,” sowel as om per Google-vorm te stem. Stemme sluit op 16 Maart. Die #Kuberbaardwenner word op 19 Maart by die Maart is Baard-kompetisie by die Virseker Geesfees aangewys.

By dié Geesfees is daar ook ‘n kompetisie vir feesgangers met die beste rooibaard, grysbaard en grootste baard. Die baardkompetisie is maar net een van die vele aktiwiteite wat tydens die drie dae by die Virseker Geesfees gaan plaasvind.

Daar is sowat 100 uitstallers wat kosstalletjies en Agri-uitstallers insluit. Verder is daar ook ‘n Manne-dinge lewendige uitstaltent waar daar verskeie interessante demonstrasies sal plaasvind. Dit sluit onder meer in hoe om ‘n skaap te skeer, ‘n leermaak-demonstrasie en hoe messe gemaak word.

Die Virseker Geesfees gaan nie net feesgangers vermaak nie, maar het ‘n baie groter doel voor oë – om saam met Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-veldtog die magies van honger kleuters te vul.

Daar was reeds ‘n groot behoefte om Afrikaanse kleuters te voed en hierdie nood het as gevolg van die Covid-19 pandemie vergroot. Die Virseker Geesfees is een van hierdie projekte waar kunstenaars, uitstallers en die breë gemeenskap kan saamstaan om seker te maak dat geen kind honger hoef te gaan slaap nie.
Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-veldtog het reeds 8 000 kleuters se magies gevul.

Hekke open elke oggend teen 07:00 en sluit teen 22:00.

Kaartjiepryse beloop as volg:
Kinders 0-6 jaar: gratis
Kinders 7-13 jaar: R100 (per dag)
Kinders vanaf 7-13 jaar (3-dag naweekkaartjie) – R200
Volwassenes: R150 (per dag)
Volwassenes (3-dag naweekkaartjie) – R300.

Kaartjies is op www.tixsa.co.za beskikbaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button