Entertainment

Sopraan skilder ’n portret van haar lewe by Aardklop

Die sopraan Magdalene Minnaar bring haar nuwe solo-vertoning, PORTRET, na vanjaar se Aardklop Nasionale kunstefees.

Die sopraan Magdalene Minnaar bring haar nuwe solo-vertoning, PORTRET, na vanjaar se Aardklop Nasionale kunstefees. Dit is haar eerste solo-produksie sedert haar twee kinders se geboorte. Haar vorige solo-aanbieding, “Taal van my Hart” met Janine Neethling en Schalk Joubert, was ’n uitverkoopte sukses en is genomineer as beste musiekuitvoering vir die jaarlikse Fiësta-toekennings.

Met “Portret” deel Magdalene ’n intieme blik agter die skerms, met ’n program wat ’n opwindende klankbaan vir haar diverse loopbaan vorm. Die program bevat alles van opera tot jazz, met ’n

paar interessante musikale verrassings, in Duits, Italiaans, Sesotho, Afrikaans en Frans. Sy deel ook vir die eerste keer haar gedigte en eie komposisies van die verhoog af.
Kom luister na bekende opera arias, Afrikana en haar en Maryke se verwerkings van Nirvana en vele meer.

“Met hierdie program vertel ek die storie van my reis as kunstenaar en hoe ek al van kleins af ’n diep begeerte het om vir mense ’n musikale ervaring te skep. Ek is mal daaroor om die geskenk van musiek aan gehore te gee deur middel van storievertelling. Dit het al verskillende vorme in my lewe aangeneem, maar op ’n manier is hierdie projek ’n hoogtepunt van al die vreemde en wonderlike dinge wat ek al kon doen – ’n soort bestekopname in my loopbaan tot dusver,” sê Magdalene.

PORTRET met Magdalene Minnaar (Sopraan) en Maryke Johnson (Klavier) al by die kykNET Konservatorium te sien wees.

Optredes vind 24 September (17:00), 25 September (10:00) en 26 September (12:30) plaas.

Kaartjies is by Ticketpro te koop.

Related Articles

Back to top button