Entertainment

Oud-Potchefstromer tweede prinses in wêreldwye kompetisie

Franciska Liebenberg, ’n oud-Potchefstromer, is onlangs as tweede prinses by die Mrs. Universal skoonheidskompetisie wat van 1-8 Augustus in Cancun, Mexiko gehou is, gekroon.

Franciska Liebenberg, ’n oud-Potchefstromer, is onlangs as tweede prinses by die Mrs. Universal skoonheidskompetisie wat van 1-8 Augustus in Cancun, Mexiko gehou is, gekroon.

Liebenberg, wat vir baie jare klas gegee het by Virgin Active in Potchefstroom, het in 2000 haar BSc dieetkundegraad by die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus voltooi.

Sy is vroeër vanjaar as Mrs. Universal South Africa gekies om in Augustus teen verskeie ander lande in Mexiko deel te neem.

Sy bedank Elsje’s Design van Potchefstroom vir die ontwerp en maak van haar aandrok wat sy tydens die finale aanddrag-ronde van die kompetisie gedra het.

Behalwe vir haar prestasies as ’n model, kan sy ook sing. Van haar liedjies is gereëld op RSG gespeel en haar musiekvideo’s op KykNET.

Liebenberg het op 1 September haar derde musiekalbum, Chardonay en somerlag, geloots.

“Ek is baie opgewonde oor die produk en was bevoorreg om saam met the hitlab te werk met fantasiese musikante, Neil Engel, Rici Martins en Howi Combrink- in samewerking met hierdie musikante het ek tien van die liedere op die album self geskryf,” sê sy.

Fransisca Liebenberg. Foto’s: Verskaf
Fransisca Liebenberg. Foto’s: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button