Entertainment

‘To catch a thief’ is Sondag se gratis film

‘n Film van Alfred Hitchcock, To Catch a thief, is Sondag, 28 Julie die gratis film wat om 15:00 in die Cachet Kleinteater (bo Fishmonger restaurant) vertoon word.

‘n Film van Alfred Hitchcock, To Catch a thief, is Sondag, 28 Julie die gratis film wat om 15:00 in die Cachet Kleinteater (bo Fishmonger restaurant) vertoon word.
Die film handel oor ‘n afgetrede sluipdief, John Robie (Cary Grant) wat as Amerikaanse uitgewekene in die Franse Riviera bly. Sy rustige bestaan word omver gewerp met ‘n reeks diefstalle wat plaasvind. Die dief steel duur juweliersware en het dieselfde modus operandi as wat Robie gebruik het. Hy moet dus die skelm vastrek voordat die polisie hom van die diefstal verdink.
Jessie Stevens (Jessie Landis) is eerste op Robie se lys. Sy is ‘n skatryk weduwee wat in Europa vir haar dogter ‘n ryk man soek. Robie gebruik Jessie en haar mooi dogter, Frances (Grace Kelly) om die skelm uit te lok.
Regisseur Alfred Hitchcock se film is ‘n romantiese riller. Dit is op die boek van David Dodge gebaseer en het in 1956 ‘n Oscar-toekenning vir beste filmatografie gewen. Dit is miskien nie een van Hitchcock se beste films nie, maar is hoogs vermaaklik. Die twee akteurs in die romantiese hoofrolle, Cary Grant en Grace Kelly se romatiese verhouding is baie oortuigend.
Alle fliekvlooie word genooi om een keer per maand ‘n film gratis saam met lede van die Potchefstroom Kunsvereniging te geniet. Prof. John Botha, kunsgeskiedenis dosent aan die NWU, lei voor en na die vertoning van die film ‘n bespreking. Die films word aangebied deur die Potchefstroom Kunsvereniging in samewerking met Puk Kunste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button