EntertainmentLifestyle

11 belangrike wyshede oor Potchefstroom se hittegolf

Vandag is dit 39 grade Celsius in Potchefstroom! Met die termometer wat nou kookpunt bereik na ‘n week van intense hitte stel die Herald se sportjoernalis, Wouter Pienaar,  ‘n paar wenke voor om die hitte te oorleef, as ook hoe hy die intense hitte ervaar. Vanoggend toe ek in my motor op pad werk toe …

Vandag is dit 39 grade Celsius in Potchefstroom! Met die termometer wat nou kookpunt bereik na ‘n week van intense hitte stel die Herald se sportjoernalis, Wouter Pienaar,  ‘n paar wenke voor om die hitte te oorleef, as ook hoe hy die intense hitte ervaar.

Vanoggend toe ek in my motor op pad werk toe is, toe voel ek asof die intense hitte my van die kant af ‘n hou op die ken gee. Sweetdruppels tap van my kop af en ek voel soos die Engelsman sal sê effens “sticky.” Dit is skaars 08:00 en dit voel asof ek in die middel van die Kalahari-woestyn kruipend op soek na ‘n oase is. Dit is maar net die begin en vandag hoor ek is nog warmer met die termometer wat omtrent kraak met ‘n maksimum van 39 grade celsius.

In sulke warm weer kom jy ewe skielik ‘n paar dinge agter:

  1. Spuitgoed/deodorant is ‘n moet – pas op om jou spuitblikke in die kar te los (ons soek nie ‘n ontploffing nie)
  2. Water – hidreer jouself gedurig deur die dag om seker te maak dat jy nie van ‘n sappige druiwekorrel na ‘n uitgedroogte rosyntjie verander nie.
  3. Beskerm jou vel: Sonskerm is daar vir ‘n rede – as jy besluit om die lugversorgde kantore van jou werk te verlaat is dit noodsaaklik om jouself te smeer. Jy wil nie vandag die son se sonstrale ‘n drukkie gee nie, tensy jy soos ‘n kalkoen wil lyk.
  4. Wees koel: Wees dankbaar vir lugversorging in jou kar – as jy ‘n ou tjor het wat nie dié luuksheid het nie, moet jy maar die vensters oopdraai – wees net bewus dat ‘n lekker warm wind jou dalk net meer mag irriteer.
  5. Sauna: As jy wel vir jouself ‘n verniet Sauna wil gee, dan kan jy ook vir 10 minute in jou kar gaan sit. Nie die beste ding om te doen nie, maar as jy verveeld is, hoekom nie?
  6. Brandgevaar: Sekere elemente in jou kar mag jou dalk brand – kyk uit vir deurhandvatsels en rathefbome wat ook aan die kook is.
  7. Klere: Trek gemaklike klere aan – indien moontlik (Ons innige simpatie vir diegene wat met ‘n das en baadjie moet gaan werk)
  8. Roomys: Sien die hitte as ‘n verskoning om roomys te eet – wie hou nou nie van roomys nie, en vandag kan jy met graagte ‘n paar happe van hierdie soet en romerige lekkerte geniet.
  9. Stort: As jy klaar gewerk het, maak seker jy klim in ‘n lekker stort.
  10. Duik: as jy ‘n swembad het (verkieslik nie as jy net ‘n splashpool het nie)
  11. Braai: al is die son besig om jou gaar te braai is dit dalk ‘n verskoning om  ‘n vleisie te braai. Dalk oorkom ons die hitte om vuur met vuur te beveg! Bonus is dat ons saam lekker oor die hitte kan gesels en sommer iets koud ook kan geniet.

Kyk ek is mal oor die somer, maar hierdie weer is regtig op ‘n ander vlak. Dit herinner my nogal aan die dae wat ek in Komatipoort gewerk het en omtrent so rooi soos ‘n tamatie gebrand het. Tog het ek simpatie vir my mede Potchefstromers en ek besef een groot waarheid. Vir ‘n slag stem ons almal saam in Potch en dit is iets wat net iets groter as ons kan bewerkstelling!

Saam sal ons die son en hitte trotseer!

Related Articles

Back to top button