Entertainment

Bouwer Bosch stel nuwe enkelsnit bekend

Sy splinternuwe enkelsnit, VERBY, stel beslis nie teleur nie!

Bouwer Bosch is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het.  Met sy eiesoortige klank en aanslag trap hy diep spore in sy aanhangers se harte.

Sy splinternuwe enkelsnit, VERBY, stel beslis nie teleur nie!

Die liedjie gaan oor konflik in ‘n verhouding.  “’n Mens is geneig om te dink dat konflik ‘n negatiewe aspek in ‘n verhouding is, maar eintlik is dit ‘n goeie plek om te wees.  Dit is waar groei en genesing kan plaasvind en waar jy jouself en die persoon met wie jy konflik ervaar beter kan leer ken”, sê Bouwer.

“VERBY gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ‘n verhouding omdat jy dink konflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei”, gaan Bouwer voort.

Die musiekvideo vir dié liedjie is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet en word op die 28ste Oktober 2017 bekendgestel.

VERBY is ook beskikbaar op sy album, Hopelik, wat vroeër in 2017 vrygestel is.  Die album het ’n nuwe klank met ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button