Herald redaksie as Star Wars karakters

Om saam met die res van die wêreld Star Wars dag te vier het die Herald se redaksiespan gedink watter karakters sou elk een van hulle in dié reeks gewees het.

Om saam met die res van die wêreld Star Wars dag te vier het die Herald se redaksiespan gedink watter karakters sou elk een van hulle in dié reeks gewees het.

Hennie Stander, die redakteur is eenparig ingestem as Yoda. Hy is die oudste in die span met die meeste ervaring. Sy wyse advies het almal al uitgehelp, nes Yoda is hy ook al eeue lank ‘n joernalis. Niemand weet regtig hoe oud hy is nie omdat soos die wyse Yoda lyk dit nie of hy ouer word nie.

Cheryl Botha, kon niemand anders as die vurige Prinses Leia wees nie. Sy is gereeld aan die baklei vir een of ander kwessie waar sy voel mense word onregverdig behandel. Potchefstromers ken haar as ‘n persoon wat nie bang is om die Munisipaliteit en groot besighede aan te vat nie.  Vandat sy nie meer so betrokke is by die skryf van die nuus nie, veg sy vir almal op die redaksie se af dae.

Selogile Leshage en Dustin Wetdewich, die ‘mavericks’ van die redaksiespan is Chewbacca en Han Solo. Hulle luister bitter min na rede terwyl hulle saam aan stories werk. In die kantoor is hulle boesemvriende wat al ‘n taal van hulle eie ontwikkel het, ‘n mengsel van Setswana, Engels en Afrikaans, wat niemand ander verstaan nie. Hulle kom al van PUKKE dae af saam, Leshage se kamera is soos Chewbacca se bowcaster en Wetdewich se manewales kry hulle soms in die moeilikheid.

Maryke van Heerden, is die span se eie C3PO as iemand iets wil weet van wat in die koerant ingaan is sy die eerste persoon om te vra. Sy het altyd ‘n antwoord al het mens nie daarvoor gevra nie. Die ‘robot’ is na bewering ook haar gunsteling danspassie.

Wouter Pienaar, ons eie Obi Won Kenobi ontferm homself altyd oor die jong ‘interns’ wat by die Herald kom ervaring opbou. Die feit dat hulle gewoonlik mooi jong dames is, is maar net per toeval. Soos Obi Won, leer hy vir hulle die “light” side van joernalistiek. Hy is passievol en hardwerkend en elke intern leer baie by hom.

Marianke Saayman, kon niemand anders as die verspotte Jar Jar Binks wees nie. Sy het net soveel misplaasde energie soos dié karakter en verskaf ure se komiese verligting aan haar kollegas.  Sy is soms ‘all over the place’ wat haar laat glo dat sy niks gedoen kry nie. As mens eerlik is, kan enige iemand wat haar al ontmoet het, al hoor hoe sê sy ‘Meesa Journalist’. Tog soos Jar Jar is sy ‘n integrale deel van die Herald se span.

Exit mobile version