Entertainment

Feesgangers vat ‘n trippie deur die townships

Taxiteater, feesbestuurder Alexa Strachan se nuwe projek, wys Aardklop feesgangers ʼn deel van Potchefstroom wat nie altyd tydens Aardklop feature nie. Gaste klim op ʼn pendelbussie en word dan na drie kuierplekke gery een in Ikageng, een in Promosa en een in Potchefstroom.

Taxiteater, feesbestuurder Alexa Strachan se nuwe projek, wys Aardklop feesgangers ʼn deel van Potchefstroom wat nie altyd tydens Aardklop feature nie. Gaste klim op ʼn pendelbussie en word dan na drie kuierplekke gery een in Ikageng, een in Promosa en een in Potchefstroom.

'n Vrou geniet die musiek van Die Wasgoedlyn. Foto: Marianke Saayman
‘n Vrou geniet die musiek van Die Wasgoedlyn. Foto: Marianke Saayman

Hierdie innoverende projek gee feesgangers die unieke geleentheid om te kuier saam met inwoners van Promosa en Ikageng, saam te drink en te eet. Met die toergidse Kaggie van Ikageng en Chade van Promosa, word die gaste meer vertel van hoe dit is om in die lokasie te woon, wat swart- en bruinmense se opinies oor witmense is, en interessante gewoontes van swart- en bruinmense waarvan witmense nooit geweet het nie.

Boereworsrolle en hoenderkerrie word verkoop by Picaroon's in Promosa. Foto: Marianke Saayman
Boereworsrolle en hoenderkerrie word verkoop by Picaroon’s in Promosa. Foto: Marianke Saayman
Boereworsrolle en hoenderkerrie word verkoop by Picaroon's in Promosa. Foto: Marianke Saayman
Boereworsrolle en hoenderkerrie word verkoop by Picaroon’s in Promosa. Foto: Marianke Saayman

Die doel van hierdie projek is om mense van verskillende kultuurgroepe se opinies oor mekaar te verander en enige stigmas wat bestaan weens ons agtergrond, geskiedenis en selfs velkleur te breek. Hierdie geleentheid help ook die inwoners van Ikageng en Promosa om vir die eerste keer werklik deel te wees van Aardklop deur die fees na hulle toe te bring.

Die gaste luister na Kaggie, eienaar van Tse's. Foto: Marianke Saayman
Die gaste luister na Kaggie, eienaar van Tse’s. Foto: Marianke Saayman

Die Herald het Donderdag ook saam op die pendelbussie geklim om hierdie unieke geleentheid te ervaar. Ons was op die bussie saam met die toergids uit Ikageng, Kaggie. Die eerste afklimplek was in Ikageng by Tse’s Lifestyle Lounge, ʼn bekende kuierplek wat sowat ʼn jaar gelede oorgekoop is deur Kaggie en haar man.

Die twee toergidse. Foto: Marianke Saayman
Die twee toergidse. Foto: Marianke Saayman

Daar kon feesgangers R50 betaal om te eet van die tradisionele buffet wat suurpap, afval, varkpote en ‘runaways’ (hoenderpote) ingesluit het. Feesgangers kon ook ʼn goedkoop drankie geniet en luister na die musiek van Die Wasgoedlyn, ʼn groep wat bestaan uit musikante van onder andere Riku en Jackie Lätti, Churchil Naudé, Frazer en Deniel Barry (van die groep Tribal Echo), Bacchus Nel, Andra en Les Javan.

Die Wasgoedlyn by Tse's. Foto: Marianke Saayman
Die Wasgoedlyn by Tse’s. Foto: Marianke Saayman

Ons volgende stop was by Picaroon’s in Promosa. Hierdie is ʼn gunsteling kuierplek en kroeg in die gemeenskap. Buite het inwoners hoenderkerrie en rys verkoop en boereworsrolle. Al die geld wat tydens die toer spandeer is, word teruggeploeg in die gemeenskappe van Ikageng en Promosa. By Picaroon’s se drank was nóg goedkoper en bekende sanger Bacchus Nel het gesorg vir heerlike musiek en atmosfeer. Die inwoners was baie vriendelik en het die vreemde gesigte met ope arms in hul gemeenskappe verwelkom.

Twee dogtertjies van Promosa kom sê hallo vir die feesgangers. Foto: Marianke Saayman
Twee dogtertjies van Promosa kom sê hallo vir die feesgangers. Foto: Marianke Saayman

Om die toer af te sluit het almal ʼn heerlike skemerkelkie by Vida Verde in Potchefstroom geniet terwyl hulle kon luister na musiek van Namakwaland. Aan die einde van die toer kon daar duidelik gesien word dat mense se opinies oor die lokasielewe baie verander het en dat vrees plek gemaak het vir belangstelling en opwinding.

*Sien nog foto’s in volgende week se Herald.

Gaste geniet 'n drankie by Vida Verde in Potchefstroom. Foto: Marianke Saayman
Gaste geniet ‘n drankie by Vida Verde in Potchefstroom. Foto: Marianke Saayman

Taxiteater sal weer vanmiddag om 15:00 en more om 12:00 en 15:00 plaasvind (die 15:00 roete eindig by die Potch Dam Restaurant eerder as by Vida Verde). Die pendelbussies vertrek vanaf Esselenstraat tussen Hoffman en Presidentstraat. Koop jou kaartjies by Computicket.

Die pendelbussie. Foto: Marianke Saayman
Die pendelbussie. Foto: Marianke Saayman

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button