DVD van die week: Modder en bloed

Hierdie fliek kry ‘n gradering van 8/10. Die storie is baie goed geskryf en die rolle word briljant vertolk deur besondere akteurs.

Modder en Bloed is ‘n Suid-Afrikaanse film deur Dark Matter Studios en Collective Dream Films wat die epiese verhaal vertel van boere wat tydens die Anglo-Boereoorlog as oorlog-gevangenes gehou word op St. Helena-eiland.
Die film fokus op die verskeie struikelblokke waardeur hulle as gevangenes moes deurgaan terwyl hul Engelse vyande hul verkleineer en martel.
Die groep wat bestaan uit karakters vertolk deur plaaslike akteurs soos Bok van Blerk, Stian Bam en Altus Theart word veral geteister deur Colonel Swannell, (Grant Swanby).
In ‘n poging om een van die jong gevangenes se lewe te red, besluit die gevangenes om die Britte uit te daag vir ‘n rugbywedstryd.
Die groep, waarvan die meeste nog nooit eers ‘n rugbybal opgetel het nie, oefen elke nag vir ‘n maand lank om die Britte te wys wie die beter span is.
Gelei deur die Brit Finn Kelly (Patrick Connolly) word ‘n rugbyspan gevorm vanuit modder en bloed en hulle noem hulself die Springbokke.
Alhoewel hierdie film baie lank is, sou die storie nie andersins beter vertel kon word nie. Daar is baie emosie wat met die aksie en drama gepaard gaan en Modder en Bloed raak aan jou hartsnare deur die verloop van die film.

Modder en Bloed het ‘n ouderdomsbeperking van 16 met tonele van geweld en gru taal.*
*Hierdie fliek kry ‘n gradering van 8/10. Die storie is baie goed geskryf en die rolle word briljant vertolk deur besondere akteurs.
Modder en Bloed kan uitgeneem word by DVD4home op die hoek van Retief- en Govan Mbekistraat of kontak hulle by (018) 293 3895.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version