BlogsEntertainmentOpinions

Uit my dagboek: Nuwe pa: Ons kyk saam stories

Ek is my hele lewe lank ‘n ‘cartoon’ fanatikus. Vandat ek kan onthou kyk ek ‘Cartoon Network’ Johnny Bravo, Dexters Laboratory, Ed, Edd & Eddy.

Ek is my hele lewe lank ‘n ‘cartoon’ fanatikus. Vandat ek kan onthou kyk ek ‘Cartoon Network’ Johnny Bravo, Dexters Laboratory, Ed, Edd & Eddy. Selfs die ou gunstelinge soos Tom & Jerry en The Flintstones, verskaf nou nog vir my vermaak. Animasie films is my skuldige plesiertjie, ek het tot dusver vir niemand vertel daarvan nie, maar ek geniet animasies baie.
Aiden raak nou op ‘n stadium waar hy saam met my kan ‘cartoons’ kyk. Nie vir baie lank nie, gewoonlik net so 10 minute op ’n slag, maar dit lyk of hy dit geniet. So ek gebruik nou elke kans wat ek het om saam met hom rustig te sit en ‘cartoons’ te kyk. Hy begin nou selfs vrae vra oor dit wat op die TV gebeur. Alhoewel niemand verstaan wat hy sê nie, klink dit of hy ‘daar’ sê terwyl hy na die TV toe wys.
So gaan dit, hy wys en sê ‘daar’ ek sê net ‘ja daar is, Tom & Jerry.’ Maar ek moet sê ek trek die lyn by stories soos ‘Barney, Dora the Explorer, ook alles op BBC se kindertydgleuf. Daar is niks fout met die tipe stories nie, dit is baie leersaam, maar ek wil nie graag dat die stories heeldag gekyk word nie. TV is vir ontspanning. Nadat Aiden buite gespeel het en klaar gebad het, kan ons vir ’n rukkie ‘cartoons’ kyk wat ons almal kan geniet. Selfs my vrou het nou al begin saam kyk. Sondagaand het ons vir ’n rekordtyd van 25 minute gesit en ‘Despicable Me’ gekyk. Daar is meer aksie in die een. Terwyl daar iets op die skerm aangaan, sal Aiden kyk, maar sodra daar meer dialoog as aksie is, dan klim hy van my skoot af om iets anders te soek om te doen.

Related Articles

Back to top button